Rhodes-beurs

Sir De Villiers Graaff, laaste leier van die Verenigde Party, is 'n Rhodes-beurs aangebied, maar sy vader het hom verbied om dit te aanvaar omdat hy geen respek vir Cecil John Rhodes gehad het nie.
Die Rhodes-beurse word geadministreer uit Rhodes House in Oxford, ontwerp deur sir Herbert Baker. Hy het ook die Rhodes-gedenkteken in Kaapstad en die Uniegebou in Pretoria ontwerp.
Die predikant en Afrikaanse taalstryder dr. Tobie Muller het 'n Rhodes-beurs van die hand gewys.
Jannie Hofmeyr, adjunkpremier van die Unie van Suid-Afrika, was 'n Rhodes-beurshouer.
Schalk Pienaar (1916–1978) het 'n Rhodes-beurs ontvang, maar het sy studie binne die eerste jaar laat vaar omdat hy dit as tydverspilling beskou het om eerstejaarswerk te doen. Hy was later redakteur van Die Beeld en Beeld.
Clive van Ryneveld het krieket vir Oxford en rugby vir Engeland gespeel terwyl hy van 1947 tot 1949 'n Rhodes-beurshouer was.

Die Rhodes-beurs is 83 beurse wat toegeken word uit die nalatenskap van Cecil John Rhodes aan belowende studente uit sekere lande vir driejarige studie aan die Universiteit van Oxford.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search